Matterhorn | |
---|---|
Ligging | op die grens tussen Switserland en Italië |
Hoogte | 4 478[1] meter bo seevlak |
Reeks | Alpe |
Koördinate | 45°58′35″N 7°39′30″O / 45.97639°N 7.65833°O |
Eerste bestyging | 14 Julie 1865 |
Eerste bestyger(s) | Edward Whymper, Charles Hudson, Francis Douglas, Douglas Robert Hadow, Michel Croz, Peter Taugwalder (vader), Peter Taugwalder (seun) |
Maklikste roete | Hörnli-kam (AD, rock / gemengde klim) |
Uitspraak | /[ˈmatərˌhɔrn], [mɔ̃ sɛʁvɛ̃], [ˈtʃerˈviːno]/ |
Matterhorn (Duits: Matterhorn, [ˈmatərˌhɔrn]; Frans: Mont Cervin, [mɔ̃ sɛʁvɛ̃]; Italiaans: Cervino, [ˈtʃerˈviːno]) is 'n berg in die Alpe wat op die waterskeiding en grens tussen Switserland en Italië geleë is. Dit is 'n groot, byna simmetriese piek in die Penniniese Alpe wat 4 478 meter hoog is;[2] dit is een van die hoogste bergpieke in die Alpe en Europa.
Die berg staan in die Wallis-Alpe tussen Zermatt en Breuil-Cervinia. Die flanke van die berg in die ooste, noorde en weste is Switsers, terwyl dié in die suide Italiaans is. Die Matterhorn-museum in Zermatt bied nuttige inligting oor die Matterhorn.